Phala Phala: Opposisiepartye wil Cyril aanspreeklik hou

Sewe opposisiepartye in die Parlement sê hulle het ooreengekom dat President Cyril Ramaphosa dringend aanspreeklik gehou moet word vir die Phala Phala-plaasskandaal. Die DA, EFF, IVP, ATM, UDM, ACDP en die NFP het vergader en die belangrikste item op die agenda was dat die uitvoerende gesag en Ramaphosa aanspreeklik gehou moet word. Die veelparty-groepering sê die geheimhouding van die president se reaksie op die Openbare Beskermer oor die Phala Phala-kwessie is onaanvaarbaar en moet uitgedaag word.