Phala Phala: Alle klagtes blyk om dood te loop

Die Phala Phala-skandaal is weer in die nuus. Die Vryheidsfront Plus sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om President Cyril Ramaphosa van alle blaam te onthef laat meer vrae ontstaan. In sy ondersoek na miljoene in buitelandse geldeenhede wat in 2020 op die president se Phala Phala-plaas in Limpopo gesteel is, het die bank bevind Ramaphosa het nie die valutabeheerregulasies oortree nie. Die party se leier, Pieter Groenewald, sê die vraag is hoe die dollars op die plaas in Suid-Afrika beland het as daar geen teken van ‘n transaksie is nie: 

Intussen is ‘n saak van diefstal eers in Augustus 2022 by Bela-Bela-polisiestasie hangende gemaak. Verskeie Namibiërs is geïmpliseer in die roof maar, tot dusver, staan die saak doodstil.