Pfizer, Moderna stoot entstofprys op

Pfizer en Moderna het albei die prys van hulle Covid-entstof verhoog in die jongste kontrakte wat hulle met die Europese Unie onderteken het. ‘n Enkel-dosis Pfizer kos die Europese regerings nou 19 euro en 50 sent of te wel, 343 Namibiese dollar en 50 sent. Die prys is op met 4 euro. Moderna se prys is op van 19 euro na 21 euro 45 sent. Moderna maak ‘n wins van 44 persent op sy entstof wat hom in 2021 ‘n beraamde wins van 8 miljard Amerikaanse dollar sal bring terwyl Pfizer net in die eerste kwartaal van die jaar 5,56 miljard Amerikaanse dollar in wins verdien het. AstraZeneca maak geen wins op sy inenting nie en het ook die formule gedeel.