PetroSA gaan lekkasie aan pyplyn herstel

PetroSA het bevestig beplanningsprosesse is aan die gang ter voorbereiding van die herstel van ‘n lekkasie en om skade in die omgewing reg te stel. ‘n Lekkasie is tydens ‘n prosesontleding in ‘n pypleiding geïdentifiseer wat loop na die GTL-raffinadery op Mosselbaai in die Suid-Kaap. Die woordvoerder, Thandi Nameka, sê reservoirs langs die kuslyn is uitgeput tot op die punt waar gewone verwerking nie meer moontlik is nie. Sy sê risikobepalings sal eers gedoen word om alle bedrywighede te dek, met die hoofdoel om die veiligheid van personeel en die plaaslike gemeenskap te verseker.