Petrolprys klim oral in jou sak in… oral

Vandeesmaand se styging in brandstofpryse gaan ‘n groot uitwerking hê op bestedingspatrone, self dié van voedsel, wanneer verbruikers minder geld uitgee en goedkoper produkte koop. Dit is die mening van ‘n Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom, Dawie Maree. Hy sê hy verwag op die kort termyn ‘n opwaartse neiging in die verbruikersprysindeks en voedselinflasie in die buurland. Dit sal natuurlik plaaslik ook van toepassing wees, maar die impak van die brandstofprys sal verder as dit uitkring. Theo Klein van Simonis Storm het die vroeër so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.