Petroleum-ekonoom hou brandstofgesprek op Twitter

Die stygende brandstofpryse raak alle Namibiërs, of jy nou ‘n motorvoertuig besit of nie. Oor die laaste paar weke was die brandstof-kleinhandelaars die jongste wat hul frustrasies oor die brandstofpryse geuiter het. Later vanaand om sewe-uur sal petroleum-ekonoom, Ekandjo Aben, op Twitter ‘n gesprek voer met die tema Namibiese brandstofprys – Kan dit erger word? Ekandjo sê aan Kosmos 94.1 Nuus die praatjie kan op die Twitter-blad Foster Digital Education gevolg word.