Petisie teen die uitvoere van lewendehawe op skepe

Die Namibiese Dierewelsynsvereniging, oftewel Nawa, het ‘n petisie opgestel wat die uitvoer van lewendehawe via hawens uit Namibië wil stop. Volgens die voorsitter van Nawa, Heather Creamer, is die uitvoer van lewendehawe in talle lande verbied en dit moet ook nie in Namibië plaasvind nie. Australië is een van die lande wat die meeste lewendehawe via hul hawens uitvoer. Creamer verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waar die petisie onderteken kan word.