Petisie oor eerste seekatplaas van Spanje

Wetenskaplikes is woedend oor planne vir die wêreld se eerste seekatplaas, wat ‘n miljoen van hierdie hoogs intelligente wesens elke jaar in klein tenks sal prop, en dan pynlik sal doodmaak deur lewendig gevries te word. ‘n Maatskappy in Spanje beplan om die wêreld se eerste kommersiële seekatplaas in die hawe van Las Palmas in die Kanariese Eilande te begin. Talle diere-aktiviste is besig om ‘n petisie te onderteken in ‘n poging om hierdie wesens te beskerm. Hulle sê die feit dat seekatte ongelooflik intelligente diere is, is algemene kennis.