Perlemoen van N$3,7 miljoen in Nelson Mandelabaai gekonfiskeer

Die Suid-Afrikaanse polisie in Nelson Mandelabaai se honde-eenheid het ‘n 38-jarige man in hegtenis geneem en beslag gelê op perlemoen met ‘n straatwaarde van 3,7 miljoen Namibiese dollar. ‘n Polisiewoordvoerder sê beamptes het inligting opgevolg en ‘n lasbrief bekom om ‘n huis te deursoek. Daar is beslag gelê op 140 plastieksakke met bevrore perlemoen, 13 plastieksakke met gedroogde perlemoen, vyf vrieskaste, ‘n weegskaal en ‘n selfoon. Die perlemoen is aan seevisserye oorhandig vir berging.