Pepfar-program behaal groot sukses in Namibië

Die Amerikaanse president se noodplan vir MIV-Vigs-verligting, bekend as Pepfar, vorder uitstekend in Namibië. Die woordvoerder van die Amerikaanse ambassade Walter Parrs, sê Pepfar is belangrik vir die Amerikaanse regering, veral in Namibië, en befondsing vir die komende jaar sal binnekort bekend wees.

Die program is so suksesvol dat Namibië amper volle beheer oor die MIV/Vigs-epidemie het.