Pensioenarisse moet belsuit: Sassa of Nam-toelaag

Die uitvoerende direkteur van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, Esther Lusepani sê haar ministerie werk saam met Sassa vanaf Suid-Afrika om begunstigdes wat dubbele toelae ontvang te identifiseer. ‘n Span van die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Bystandsagentskap, bekend as Sassa, is tans in die land in die verband. Daar is volgens berigte effe meer as 500 Sassa-begunstidges aan veral die kus en Lusepani sê 250 kry beide die Namibiese pensioen sowel as die Sassa betalings. Pensioenarisse met dubbele burgerskap sowel as die wat permanente verblyf in Namibië het kwalifiseer vir die plaaslike pensioen, en Sassa. Lusepani sê begunstigdes moet besluit, 1 350 Namibiese dollar of 1 890 Suid-Afrikaanse rand. Sy voeg by dat verklarings ingedien moet word in die verband en dat oortreders skuldig aan bedrog kan wees.