Pendelaarstreine is deel van TransNamib se planne

Maatreëls vir openbare vervoer is vanoggend onveranderd gelaat toe President Hage Geingob die jongste Covid-beperkings aangekondig het. Dit wil sê, net 50 persent van die lading word toegelaat. Dit bring groot uitdagings vir pendelaars van veral Okahandja en Rehoboth wat nie net meer moet betaal nie, maar steeds moet betaal al werk hulle tuis. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van TransNamib, Johny Smith gepraat oor die moontlikheid van ‘n pendelaarstrein tussen die twee dorpe en die hoofstad, twee maal ‘n dag. Hy sê die planne is daargestel maar, daar is uitdagings.