Pelosi se besoek kan Taiwanese se vryheid vinniger ontneem – kenner

Die besoek van die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers Nancy Pelosi aan Taiwan lok steeds reaksie uit. China, wat reeds teen die besoek gewaarsku het, ag Taiwan as deel van hom maar, die VSA ag die eiland as onafhanklik en demokraties. Die plaaslike politieke ontleder en kenner van Chinese politiek, dr. Charles Mubita sê China se opsies is beperk in enige werklike reaksie wat hy kan toon maar, dit kan lei tot ‘n uiteindelike beperking van vryheid vir Taiwan, wat teenstrydig sal wees met wat die VSA vir die land wil hê.