Pelosi het ‘fout’ begaan om Taiwan te besoek

China het die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi, se besoek aan Taiwan as uiters gevaarlik beskryf. Sy het gisteraand op die selfregerende eiland geland in die eerste besoek in 25-jaar deur ‘n Amerikaanse amptenaar op die hoogste vlak. Beijing waarsku in ‘n verklaring dié wat met vuur speel, sal daardeur vernietig word. Die gewese Amerikaanse ambassadeur in China, Max Baucus, sê hy dink Pelosi se besoek aan Taiwan is ‘n fout: