Peiling toon ANC sal net 40% van steun ontvang in volgende verkiesing

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder en ANC-veteraan, Omry Makgoale, sê dit is die ANC se verantwoordelikheid om sake te verander. Dit volg nadat ‘n onlangse peiling deur die marknavorsingspesialis, Ipsos, aangedui het die ANC sal waarskynlik sowat 40 persent van die steun in die volgende verkiesing kry. Ipsos waarsku die afname in steun dui op die verbrokkeling van die regerende party se mag en invloed. Makgoale sê die ANC moet optree en daaraan werk om mense se vertroue te herwin: