PDM se skaduminister van onderwys gaan kurrikulum ondersoek

Die Popular Democratic Movement se skaduminister vir onderwys, Esmeralda !Aebes, gaan ondersoek instel waarom die 2021 graad 11-uitslae so swak is. Sy gaan oor die volgende twee weke verskeie dorpe landwyd besoek om op ‘n feite-sending agter die kap van die byl te kom. Sy gaan met onderwysers, leerders, ouers en gemeenskappe vergader oor die nuwe basiese onderwyskurrikulum. Sy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.