PDM, LPM sê geluk aan Mboma, Masilingi

Namibië se twee liefling-atlete, Christine Mboma en Beatrice Masilingi bly in die nuus na hulle skitterende vertoning by die Spele gister. Die PDM-party het gelukwense gestuur. Die party se woordvoerder, Roberto Dirkse het dit so aan Kosmos 94.1 Nuus oorgedra.

En die LPM het ook die twee meisies van Kavango Oos geluk gewens. Eneas Emvula, woordvoerder van die party.