PDM hou wetgewende konferensie vandag

Die PDM-party hou vandag wat hy beskryf as ‘n alternatiewe wetgewende konferensie. Volgens die party sal behuising, landbou, die ekonomie en finansiering onder die loep kom. Onderwys, geslagskwessies sowel as die LGBTQ-gemeenskap en gesondheid sal ook bespreek word. Werkloosheid onder die jeug, toegang tot inligting en die volksmoord sal ook aandag geniet. Die partypresident McHenry Venaani sê die konferensie word gehou in aanloop tot die hervatting van die Nasionale Vergadering volgende week in ‘n poging om ‘n robuuste wetgewende agenda te skep.