PDM help met voedselsekerheid in Kavango Wes

McHenry Venaani, opposisieleier van die PDM, het tydens die feestoer van vyf streke oor twee maande ‘n saadprojek van stapel gestuur. Dit is om voedselsekuriteit in die kiesafdelings van Ncamagoro en Mankumpi in die Kavango Wes-streek te verseker. Die PDM het ook grond geïnspekteer en gehelp plant om hul toewyding aan landbou-transformasie en voedselsekuriteit te wys. Venaani sê landbou moet moderniseer word.