PCR: NaCC ondersoek nie, daar is geen klag nie

Plaaslike media berig dat die Namibiese Mededingingskommissie nie ondersoek na die koste van PCR-toetse ondersoek nie, omdat daar geen klagtes ingedien is nie. Plaaslik verskil die prys van die toets, afhangende van hoe vinnig uitslae nodig is. Vir 24-uur kos die toets rondom 700 dollar maar vir vier ure, kos dit tot 1 500 dollar. Die Suid-Afrikaanse mededingingskommissie het die week bepaal dat PCR toetse net 500 Suid-Afrikaanse rand mag kos. Dit is veral belangrik vir die talle Zimbabwiërs in die buurland wat huis toe wil gaan vir die feestyd en die duur, verpligte toetse nie kan bekostig nie. Die hoof van die kommissie in Namibië Vitalis Ndalikokule het aan plaaslike media bevestig dat daar geen ondersoek is nie en geen klag is ingedien nie, behalwe berigte wat in die media is.