Paulus verskyn weer op klagte oor Gerhard Mans se dood

Die 31-jarige Jafet Paulus, ’n Namibiese burger van Karibib, sal weer vandag op klagte van strafbare manslag in die Windhoekse landdroshof in Katutura verskyn na die noodlottige ongeluk op 1 Mei van die rugby-legende en bekende fietsryer, Gerhard Mans Senior. Die staat het tydens sy eerste verskyning gesê daar kan ook verdere aanklagte teen hom gebring word. Hy het op 12 Mei, ‘n week na hy gearresteer is, borg van 3 000 Namibiese dollar ontvang.