Paulus Noa: 76% van korrupsiesake gefinaliseer

Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië herdenk vandag Internasionale Teenkorrupsie-dag. Paneelbesprekings is gehou en die direkteur-generaal, Paulus Noa, het ‘n oorsig van sy kommissie gegee. Hy sê die kommissie het sedert sy ontstaan tot Maart vanjaar 694 sake aan die kantoor van die aanklaer-generaal oorhandig, wat beslis het om 530 sake aan te kla. Altesaam 76 persent van hierdie sake is reeds gefinaliseer.