Patrollies in Etosha verskerp na twee renosters gestroop is

’n Polisie-operasie is aan die gang in die noordwestelike dele van die Etosha Nasionale Park nadat twee renosters gestroop is. Daar is moontlik, volgens onbevestigde berigte, dalk nog meer diere wat gestroop is. Getalle het die afgelope tyd redelik gedaal as gevolg van uitgebreide patrollies. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die omgewingsministerie Teofilus Nghitila gepraat.