Patricia de Lille as nuwe minister van toerisme verwelkom

Die Toerisme-besigheidsraad van Suid-Afrika het die aanstelling van Patricia de Lille as die land se nuwe toerisme-minister verwelkom. Die raad sê Toerisme is een van die land se grootste inkomste-genereerders en daarom moet die persoon, aan die stuur van dié departement, ‘n passie vir die sektor hê om dit verder te laat groei en nóg meer werksgeleenthede te help skep. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, deel meer…