Pastoor se verkragting-verhoor in streekshof hervat

Die saak teen pastoor Joe Diergaardt, voorheen van die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië in Khomasdal, waarin hy tereg staan op klagte van die verkragting van vier minderjarige seuns, word vandag voortgesit in die Windhoek-streekshof. Diergaardt is op 29 Januarie vanjaar in hegtenis geneem nadat die ma van een van die seuns ‘n klag teen hom by die eenheid vir die bekamping van vroue- en kindergeweld van die Namibiese polisie aanhangig gemaak het. Diergaardt is uit op borgtog.