Pastoor Joe Diergaardt gaan in streekshof verskyn

Die saak teen pastoor Joe Diergaardt, voorheen van die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië in Khomasdal, waarin hy tereg staan op klagte van die verkragting van vier minderjarige seuns, is vandag in die Katutura-landdroshof uitgestel. Diergaardt sal nou sy eerste verskyning volgende Vrydag op 8 Oktober in die Windhoek-streekshof maak. Diergaardt is op 29 Januarie vanjaar in hegtenis geneem nadat die ma van een van die seuns ‘n klag teen hom by die eenheid vir die bekamping van vroue- en kindergeweld van die Namibiese polisie aanhangig gemaak het. Diergaardt is uit op borgtog.