Pastoor dagvaar Kanye vir kopiereg-skending

‘n Pastoor van Texas dagvaar Kanye West, bekend as Ye, vir kopiereg-skending. Hy sê West se liedjie ‘Come to Life’ gebruik ‘n opname van een van sy preke. Pastoor David Moten dagvaar ook die Universal Music-groep en sy filiale maar die bedrag wat hy eis is nie bekend nie. Volgens Moten, is meer as 20 persent van ‘Come to Life’ uit sy preke uitgehaal. West se album Donda, waarop die liedjie is, is vernoem na sy oorlede ma. In sy stukke sê die pastoor dat West ‘n “onrusbarende patroon” toon van wat hy beskryf as opsetlike en gruwelike kopiereg-skendings. West het drie keer in soortgelyke sake geskik.