Passasierskepe gee ekonomiese hupstoot vir Namibiese kusdorpe

Passasierskepe wat by Namibiese hawens aandoen gee ‘n groot hupstoot vir die toerismesektor en ekonomiese inspuiting vir besighede in kusdorpe. Lüderitz is verheug oor die toeriste van passasierskepe wat hul dorp besoek. Twee passasierskepe het tegelyk het in Shearwaterbaai geanker omdat die hawe van Lüderitz te klein vir sulke groot skepe is. Die passasiers is met kleiner bote aan land gebring. Die MSC Sinfonia was op pad na Kaapstad, terwyl die Noorse passasierskip Jade vandag by Walvisbaai gaan aandoen. Jade het ’n kapasiteit van 2 402 passasiers en met die bemanning kan dit 3 590 mense huisves. Die MSC Sinfonia kan 2 199 mense huisves.  Die uitvoerende hoof van kommersiële dienste van die Namibiese Hawens-owerheid, Elias Mwenyo, sê aan Kosmos 94.1 Nuus oor die afgelope drie maande het baie toeriste van passasierskepe kusdorpe besoek.