Passasierskepe bring ekononomiese inspuiting vir Namibiese hawens

Passasierskepe wat by die Walvisbaaise en Lüderitz-hawens anker gooi, is ‘n welkom ekonomiese inspuiting vir die Namibiese toerismesektor, veral vir toeroperateurs en restaurante, asook ander besighede. Volgens die Namibiese Hawens-owerheid, Namport, gaan Walvisbaai 22 passasierskepe in die volgende twee maande verwelkom. Die Duitse passasierskip AIDAaura met meer as 900 passasiers sal op 24 November by die Walvisbaaise hawe aankom met die Zaandam van Nederland twee dae daarna. Volgens NamPort is sedert 2019 sowat 15 000 passasiers by die Walvisbaai-hawe verwelkom wat van 19 vaartuie van regoor die wêreld afgeklim het.