Pasiënt by onwettige rehabilitasiesentrum in Kaapstad vermoor

Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het ‘n beroep op die publiek gedoen om geregistreerde geriewe vir middelmisbruik-behandeling te gebruik. Die departement het bevestig ‘n pasiënt is by ‘n onwettige rehabilitasiesentrum in Ruyterwacht, Kaapstad, vermoor. Die departement se woordvoerder, Joshua Chigome, sê die polisie het verdagtes in hegtenis geneem en die ander pasiënte is by hul onderskeie families. Daar is bewerings van marteling en mishandeling van pasiënte by die gerief. Die polisie stel ondersoek in.