Pasgebore babaseun in Swakop-asdrom gevind

Die polisie op Swakopmund het ‘n ondersoek gelas na die liggaam van ‘n pasgebore babaseun in ‘n asdrom in Van Neelstraat in Tamariskia gevind is. ‘n Man wat opsoek was na skrootmetaal het die vonds gemaak. Die kind was in ‘n bebloede polonektrui toegedraai en in ‘n plastieksak geplaas. Die baba was volgens die mag, ten volle ontwikkel maar pasgebore.