Partye moet kiesers in ag neem met koalisies

‘n Senior navorser van die Stad Johannesburg het ‘n tesis voorgelê wat evalueer watter uitwerking koalisieregerings op dienslewering het. Dit volg skaars ‘n week nadat Suid-Afrikaners na die stembus is om nuwe munisipale raadslede te kies. Vele Muhadi sê sy navorsing het ondersoek hoe koalisieregerings behoort te werk terwyl die land vasgevang is in ‘n nuwe vorm van hoofstroom-regering. Hy meen politieke partye moet kiesers in ag neem wanneer hulle ‘n koalisie bespreek, aangesien dit baie belangrik is vir die lewensvatbaarheid en wettigheid van die regerende liggaam.