Parlement ondersoek ‘teistering’ van EFF-lede

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het bevestig die Parlement se Beskermingsdienste sal ‘n ondersoek doen na beweringe van geslagsgeweld teen sekere EFF-lede van die Parlement. Dit volg na ‘n opdrag deur die Speaker verlede week dat EFF-lede verwyder word nadat hulle president Cyril Ramaphosa se begrotingsdebat ontwrig het. Drie vroue was onder diegene wat verwyder is. ‘n Parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die EFF het ook twee beamptes van die Parlement se Beskermingsdienste mishandel, aangerand en geïntimideer: