Parlement hervat vandag, volksmoord hoog op die agenda?

Die Nasionale Vergadering hervat vanmiddag sy bedrywighede in die vierde sessie. Die huis het middel Junie sy derde sessie gestaak as gevolg van stygende Covid-gevalle. Die huis is agter en daar is talle wetsontwerpe wat bespreek moet word sowel as die volksmoord ooreenkoms wat die regering met Duitsland onderteken het. Talle opposisielede het ook mosies ter tafel gelê wat nooit bespreek is nie. Daar word verwag dat die volksmoord-skikking, wat hewige kritiek uitgelok het, een van die eerste kwessies sal wees. Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het dit so verwoord.