Parlement: Belastingbetaler kry nie waarde op sy dollar nie

Die Nasionale Vergadering het Donderdag verdaag tot volgende jaar, wanneer dit op 14 Februarie heropen. In die parlement is vanaf 6 September oor nege wetsontwerpe gedebatteer, dit goedgekeur en na die Nasionale Raad vir hersiening verwys. Altesaam 13 mosies is ter tafel gelê, waarvan drie aanvaar is, vyf is na komitees verwys, drie het verval en twee mosies is teruggetrek. ‘n Totaal van 158 vrae is sedert Februarie ingehandig, waarvan 85 beantwoord is. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê die belastingbetaler kry nie waarde vir sy dollar per lid nie.