Parkland-skieter kry lewenslange vonnis

Die Parkland-skieter Nikolas Cruz is tot lewenslange tronkstraf gevonnis, sonder die moontlikheid van parool. Die 24-jarige Cruz het in 2018 14 studente en drie personeellede by die Marjory Stoneman Douglas High School met ‘n semi-automatiese geweer doodgeskiet. Die vonnis volg ná twee dae se getuienis waarin die gesinne van die slagoffers en oorlewendes Cruz gekonfronteer het. Hy het verlede jaar skuldig gepleit op die 17 aanklagte van moord en 17 van poging tot moord na die skietvoorval wat tot op hede die dodelikste een by ‘n Amerikaanse hoërskool was.