Paragon sal vrag laai, al appelleer Menzies

Dan Kamati, woordvoerder van die Namibiese Lughawensmaatskappy, sê dat Paragon Investment Holdings alle vrag vanaf môre by die lughawe sal hanteer, al appelleer Menzies Aviation teen die hoërhof se beslissing dat hy vandag sy perseel moet ontruim.

Onbevestigde berigte lui dat verskeie rederye ‘n verbod op alle vrag by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe geplaas het as gevolg van kommer oor veiligheid.