Pandora Papers ontbloot rykes, magtiges

‘n Wêreldwye ondersoek bekend as die Pandora Papers onthul hoe rykes en mense met politieke bande buitelandse ondernemings gebruik om belasting te ontduik en hul rykdom uit te brei. Die internasionale konsortium van ondersoekende joernaliste sê die dokumente openbaar die buitelandse bates van 35 huidige en voormalige leiers en meer as 300 regeringsamptenare van verskeie lande. Hulle is onder andere die president van Kenia, Uhuru Kenyatta, die Russiese president, Vladimir Putin, die voormalige Britse premier Tony Blair en die koning van Jordanië. Gerard Ryle van die konsortium sê Kenyatta en sy familie het sowat 446 miljoen Namibiese dollar se buitelandse rykdom bymekaargemaak: