Pandora fokus op laboratorium-vervaardigde diamante

Die wêreld se grootste juweliersware-produsent beplan om die verkope van ontginde diamante te staak. Pandora wil munt slaan uit die laboratorium-vervaardigde diamantbedryf. Die Nederlands-gebaseerde onderneming sal later hierdie maand ‘n versameling ongemynde juwele in Noord-Amerika bekendstel. Hy hoop om aanklank te vind by jonger kopers, aangesien die produk meer bekostigbaar en volhoubaar is. Die onderneming sal ook verseker dat hulle nie diamante vanaf konflik-sones ontvang nie. Pandora het verbruikers gerusgestel dat laboratorium-geskepte diamante net so mooi soos ontginde diamante is.