Pandor besoek Algerië en die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek

Die Suid-Afrikaanse minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, besoek die naweek Algerië en die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek. Sy beoog om die bestaande goeie politieke verhouding met hulle, wat terugdateer na die jare van die stryd teen kolonialisme en apartheid, te verdiep en te versterk. Die departement se woordvoerder, Lunga Ngqengelele, sê Pandor gaan in Algerië aangeleenthede van onderlinge bilaterale, streek- en multilaterale belang met haar Algeriese eweknie, Ramtane Lamamra, bespreek.