Pandemies: ons moet na ons interaksie met diere kyk

Klimaatsverandering is reeds deel van die lewe, dit is wydverspreid en neem vinniger en meer intensief toe. Waaroor daar egter nie baie gepraat word nie, is die direkte verband tussen klimaatsverandering en die gevolge van die mens wat by die natuur inmeng. Dit was een van die besprekingspunte in die hoofrede deur die uitvoerende hoof van Mandai Nature, Kavita Prakash-Mani, tydens die virtuele Lewende Planeet-konferensie van die Suid-Afrikaanse tak van die Wêreldwye Fonds vir die Natuur. Sy sê groter omsigtigheid is nodig om soönotiese siektes soos die Covid-19-pandemie te voorkom: