Pandemie: almal het ‘n verantwoordelikheid

Daar was groot uitdagings vir die Namibiese ekonomie die jaar, na ‘n moeilike 2020 en duisende Namibiërs het hulle werk verloor. Terwyl daar hoop was vir 2022, het Omikron sy opwagting gemaak en onsekerheid heers weereens. Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Bisey Uirab, sê almal het ‘n verantwoordelikheid om die pandemie te bekamp.