Pampoentjies breek uit in Oshakati

Pampoentjies het by ‘n skool in Oshakati in die Oshana-streek uitgebreek. Die hoogs aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur ‘n virus, is by die Laerskool Oshakati-Wes opgespoor. Johanna Haimene, direkteur van gesondheid van Oshana, sê ‘n span gesondheidsbeamptes sal vandag na die skool gestuur word om die situasie te monitor. Leerlinge wat die skool bywoon, word versoek om te alle tye versigtig te wees. Ongeveer 12 leerlinge is na bewering geraak en hulle is huis toe gestuur om te herstel.