Padveiligheid: elke bestuurder het ‘n verantwoordelikheid

Die feestyd is op hande en Namibiërs het begin om na verskillende dele van die land te reis. Motorongelukke reeds ‘n aantal lewens geëis met 18 wat die naweek dood is in twee motorongelukke. Adjunkkommissaris Amalia Gawanas, die hoof van Nampol se verkeersafdeling sê bestuurders het ‘n verantwoordelikheid.

Sy het ook haar boodskap met padgebruikers gedeel om werklik hulle bes te doen op nasionale paaie.