Paarwater is nuwe afrigter van WP Curriebekerspan

Rugby: Westelike Provinsie het Jerome Paarwater aangestel as nuwe afrigter van sy Curriebekerspan. Die kompetisie begin volgende maand terwyl die Stormers nog betrokke is by die Verenigde Rugbykampioenskap teen Europese spanne. Die WP het ook aangekondig die gewese Springbok en Cheetah Kabamba Floors sal die voorspelers afrig nadat hy betrokke was by die unie se onder 20-span. Nazeem Adams sal Paarwater help om die agterspelers af te rig.