Paartjie moet nog maande wag vir uitspraak

Die Namibiese pa Phillip Lühl, en sy man Guillermo Delgado staar ‘n lang gewag in die gesig voordat hulle weet wat die lot van hul seun en tweeling-dogters se nasionaliteit is, asook oor die erkenning van hul selfdegeslag-huwelikstatus in Namibië. Hul kinders wat deur surrogaatskap in Suid-Afrika gebore is, se Namibiese burgerskap hang in die weegskaal, asook Delgado se aansoek om domisilie. Twee waterskeidende hofsake oor LGBTQ-regte het in die hooggeregshof gedien vir die erkenning van selfdegeslag-huwelike en die reg op burgerskap en familie. Delgado sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle verwag dat die proses tussen drie tot ses maande sal duur.