Paaie-owerheid maan ook motoriste oor sprinkaanplae in Karas

Die Paaie-owerheid waarsku motoriste oor die sprinkaanplaag in die Karas-streek nadat nóg ‘n motorongeluk tussen Grunau en Keetmanshoop lewens geëis het weens die swerms sprinkane. Die owerheid maan die swerms sprinkane laat ‘n glibberige, olierige afskeiding op die paaie wat tot ongelukke kan lei. Hulle versoek ook motoriste om sprinkane op die paaie by pr@ra.org.na aan te meld, op hul Facebook-blad, Roads Authority Namibia. Intussen is dit nie net motoriste wat deur die sprinkaanplaag geteister word nie, maar ‘n trein vanaf Lüderitz na Keetmanshoop moes ook spoed verminder nadat die sprinkane die treinspoor glibberig gemaak het.