Pa se pensioengeld gevat vir kinders se onderhoud

Die hooggeregshof in Johannesburg het ten gunste van ‘n ma uitspraak gelewer wat toegang verkry het tot haar eks-man se pensioengeld vir hul drie kinders se onderhoud sonder om kennis te gee. Die man voer aan sy eks-vrou moes hom tien dae kennis gegee het voor die uitvoering vir agterstallige onderhoud. Regter Tina Siwendu sê die wet vereis nie so ‘n kennisgewing nie aangesien daar ‘n onderhoudsbevel is. Die man is in hul egskeidingsooreenkoms in 2019 aangesê om 20 000 rand per maand te betaal vir elke kind plus mediese en onderwyskoste.