Owerhede verloor stryd teen onwettige sigarette in SA

Tax Justice South Africa sê owerhede verloor die stryd teen misdadigers wat onwettige sigarette aan winkels verskaf en die land van miljarde rand se noodsaaklike inkomste beroof. Volgens ‘n verslag deur die voorste marknavorser IPSOS, het sigarethandel waar belasting ontduik word, die afgelope jaar baie skerp gestyg, al het die regering die verbod op sigaretverkope 18 maande gelede opgehef. Tax Justice SA se stigter, Yusuf Abramjee, sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verloor die stryd teen blatante onwettige sigaretvervaardigers: