Owerhede moet SME’s bystaan met finansiële opleiding vir aftrede

Terwyl die Namibiese regering die jeug druk om self besighede te bedryf en so, werk te skep, kom die nuus dat in Suid-Afrika, kan veral eienaars van sogenaamde SME’s, nie bekostig om te spaar vir aftrede nie, of, hulle is nie goed genoeg ingelig oor wat hulle opsies is in die verband nie. Dit is ook die geval in Namibië en Danny Meyer van SMEs Compete sê owerhede het hier ‘n verantwoordelikheid.